MONUMENT

MEER OOR

DIE HUGENOTE-MONUMENT

Die 250ste herdenking van die vestiging van die Hugenote aan die Kaap is in 1938 gevier. Die monument herdenk hierdie geleentheid en beklemtoon die nasate se dankbaarheid vir geloofsvryheid.

Die bouwerk aan die Hugenote-monument het in 1942 begin. Die argitek was JC Jongens, ’n Nederlandse immigrant. Dit is in 1945 voltooi, teen ’n koste van £22 000 en is op 7 April 1948 ingewy. Coert Steynberg was die beeldhouer van die sentrale beeld van ’n jong Hugenotevrou, wat geloofsvryheid beliggaam.

Die monument se elegante eenvoud verleen daaraan ’n klassieke karakter. Die simboliek daarvan resoneer met die opofferings van ander groepe in hulle soeke na geloofsvryheid en na politieke onafhankikheid.

OORSIG

DIE HUGENOTE-MONUMENT

Die Hugenote-monument is geleë in ’n tuinlandskap met die Franschhoek-berge op die agtergrond.

Simboliek

Die monument herdenk die Hugenote se suksesvolle stryd vir geloofsvryheid. Die kruis is heel bo met die son van geregtigheid net daaronder. Die drie hoë boë stel die Heilige Drie-eenheid voor. Die vrou hou ’n Bybel en ’n gebreekte ketting vas as simbool van hulle oorwinning, terwyl die poel vrede ná die groot stryd voorstel.

Ligging en roostuin

Die monument is geleë in ’n mooi tuin met golwende grasperke en roosbeddings. Die berge wat die Franschhoek-vallei omring vorm ’n dramatiese agtergrond. Die rose herinner die besoeker daaraan dat die Hugenote keurig gegeurde rooswater van die Damask-rose gemaak het.

Sonwyser

Die name van die meeste Kaapse Hugenote en die skepe waarop hulle gekom het, is op die sonwyser gegraveer. Die leuse van die Waldense is op die sonwyser se wyser gegraveer: Post Tenebras Lux (ná duisternis lig).

GALLERY

DIE HUGENOTE-TUIN

Besoek ons tuine teen die hange van die Franschhoekberge

SIMBOLIEK

DIE HUGENOTE-MONUMENT

Die 250ste herdenking van die Hugenote-nedersetting aan die Kaap het in 1938 plaasgevind.

Die Hugenote-monument herdenk hierdie gebeurtenis en bevestig die nasate se dankbaarheid vir hulle Protestantse erfenis.

INGEWY: 17 April 1948/ ARGITEK: J C Jongens/ BEELDHOUER: Coert Steynberg.

DIE SIMBOLIEK VAN DIE MONUMENT

 

1. Die kruis van die Christelike geloof.

2. Die Son van geregtigheid.

3. Die drie boë: God is een, maar tog ’n Drie-eenheid.

4. Die poel met sy weerkaatsings en die pilaargang skep ’n atmosfeer van kalmte en geestelike vrede na die groot stryd.

BETEKENIS VAN DIE SIMBOLE

 

A. Die figuur van ’n vrou met ’n Bybel in haar regterhand…

B. …en ’n gebreekte ketting in haar linkerhand simboliseer geloofsvryheid.

C. Sy werp die kleed van verdrukking af en staan bo die aarde, geestelik bevry en kyk boontoe na ’n toekoms gevul met optimisme en hoop.

D. Die fleur-de-lis op haar rok getuig van die edelheid van gees en karakter.

E. Op die suidelike punt van Afrika, waarheen die skepe die Hugenote geneem het, verskyn die simbole van hulle geloof (die Bybel), kuns en kultuur (die harp), landbou (die gerf koring en die wingerdstok) en hulle industrie (die spinwiel).

BLY OP HOOGTE

Teken in en ontvang ons jongste Nuusbrief en opdaterings.