Sluit Aan

WORD ’n LEWENSLANGE LID

 

Ondersteun die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika deur aan te sluit as ‘n lewenslange lid. Lede ontvang afslag by die aankoop van genealogiese publikasies en ontvang die jaarlikse Hugenote Bulletin en drie nuusbriewe. Lede help ons genootskap om die Hugenote-verhaal uit te dra en in verband te bring met die ervarings van ander vlugteling-groepe in die moderne era.

SLUIT NOU AAN

DONASIES & ERFLATINGS

 

Die Hugenote-Trust maak staat op die vrygewigheid van ondersteuners wat ’n passie het om ons erfenis te beskerm en te bewaar.

Donasies van lede van die publiek, maatskappye en liefdadigheidsorganisasies help om ons wêreldklas-uitstallings te bewaar en te hernuwe ten einde die samelewing te verryk en toekomstige geslagte te inspireer.

Skenkings help om die museum-uitstallings digitaal toeganklik te maak gedurende moeilike tye en besoekers weer terug te verwelkom. Elke donasie maak ‘n wesenlike verskil.

Erflatings en geskenke ter nagedagtenis kan ‘n groot bydrae lewer tot die handhawing van die hoë standaard van ons museum.

Skenkings en erflatings in u testament sal bydra om ons erfenis te beskerm en te bewaar.

 

ONDERSTEUN ASB DIE HUGUENOTE-TRUST VANDAG.

SKENK NOU

Kontak ons oor nalatenskap en geskenke ter herinnering

BANKBESONDERHEDE

Rekeninghouer: Hugenote-Vereniging

Bank: ABSA
Takkode: 335310
Rekeningnommer: 405 066 6210

VRIENDE VAN DIE MUSEUM

 

Vriende van die Museum deel hulle entoesiasme en kennis met besoekers en dra by om ‘n verwelkomende ruimte te skep.

Hulle maak die museum toeganklik vir die publiek en toergroepe en help hulle om die Hugenote-geskiedenis binne die konteks van die tyd te verstaan.

Vriende wat geesdriftig oor onderwerpe soos geskiedenis of tuinmaak is, wend hulle entoesiasme en vaardighede aan ten bate van die Museum en die gemeenskap van Franschhoek.

VIND MEER UIT

HUGENOTE-GEMEENSKAP ─ KONTAKBESONDERHEDE

Sekretaresse: me Amelia Schwenke

Tel +27 (0)21 876 2598

P.O. Box 293, Franschhoek, 7690

Suid-Afrika

info@huguenotmuseum.org.za

STUUR BOODSKAP