HERKOMS

WIE WAS DIE HUGENOTE?

Die Hugenote was toegewyde protestante uit Frankryk en die Suidelike Nederlande, wat die leer van die teoloog, John Calvin, aangehang het.
Baie van hulle het gedurende die 17de eeu uit hulle lande gevlug om vervolging te ontwyk, sodat hulle vryelik godsdiens kon beoefen.
Hulle het nuwe tuistes in Engeland, Ierland, die Protestantse Europa en die Atlantiese wêreld gevind. Baie het hulle toevlug tot die Nederlandse Republiek geneem waar ‘n klein aantal deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie gewerf is om die maritieme diensstasie aan die Kaap die Goeie Hoop te versterk.

BESIGTIG DIE KAART VAN DIE HUGENOTE SE PLEKKE VAN HERKOMS
KOOP ’N KAART VAN DIE HUGENOTE-PLASE

meer oor

Die Hugenote-gedenkmuseum

Die Hugenote-Gedenkmuseum dokumenteer “die aangrypende verhaal van die gruwelike vervolging van die Hugenote in Frankryk en die vestiging van ongeveer driehonderd van hulle aan die Kaap die Goeie Hoop gedurende die laat sewentiende eeu.

Alhoewel hulle nie hul taal kon behou nie, het hulle ’n groter bydrae as die vryburgers van die Nederlandse Republiek of die Duitse state tot die materiële en maatskaplike ontwikkeling van die Kaapse nedersetting gelewer”. Die historikus, Hermann Giliomee.

meer oor

DIE HUGENOTE-MONUMENT

Die Hugenote-monument is op 17 April 1948 ingewy. Die eenvoud en elegante lyne van die monument lê klem op die Franse historiese aard daarvan.

Die vrouefiguur met ’n Bybel in die regterhand en ’n gebreekte ketting in die linkerhand verpersoonlik die gees van geloofsvryheid. Die fleur-de-lis (Franse lelie) op haar mantel stel ’n edelmoedige gees en karakter voor.

VERKEN

BESIGTIG ONS GALERY

Verken die museum se uitstallings wat die Hugenote se verhaal vertel.

“Ons laat iets van ons agter as ons ’n plek verlaat; ons bly daar selfs al gaan ons weg.” Pascal Mercier, Night Train to Lisbon.

KOMENDE GELEENTHEDE

BESOEK DIE MUSEUM

Toegang sluit in besoeke aan die Hoof- Museumgebou, Anneks-gebou, Parfuum-museum, Monument en Natuurtuin.

OPENINGSTYE:
Maandag – Vrydag: 09h00 – 16h00
Saterdag: 10h00 – 16h00
Sondag: 13h30 – 16h30
Openbare vakansiedae: 13h30 – 16h30

TOEGANGSGELD:
Volwassenes: R80
Studente & kinders: R40

KONTAK DIE HUGENOTE-VERENIGING

SEKRETARIS:
Me. Amelia Wolmarans
Posbus 293
FRANSCHHOEK
7690

Tel. +27 (0)21 876 2598

info@huguenotmuseum.org.za

MUSEUM

BESTUURDER:
Me. Anita du Preez
Posbus 37
FRANSCHHOEK
7690
Tel. +27 (0)21 876 2532

manager@museum.co.za

BLY OP HOOGTE

Teken in en ontvang ons jongste Nuusbrief en opdaterings.